home articles about contact
Search TheBook.co.za



Evolution proves that there are eternal destinations.
Living in the 21st century, you cannot help seeing that evol...

Big mouthed about Israel
Many governments, organizations and individuals denounce Isr...

Why do we harp on evolution?
Are you one of the people who feels that evolution is not th...

Do believers sometimes suffer from selective amnesia?
The only revelation about the God that the christian serves ...



Copyright 2007 TheBook.co.za
Legal Notices.
Gerard de VosCreated by Gerard de Vos
on 13-11-2012
Category: Afrikaans
Lewenswettenskappe: Wetenskap, Evolusie en Mites

Ongeveer 95% van die diereryk bestaan uit organismes sonder 'n ruggraat (ongewerweldes). Onder hulle is insekte, krappe, torre, motte, skoenlappers, wurms, sponse, enkel sellige diertjies, slakke, seesterre, ensovoorts.

Volgens evolusie het lewe ontwikkel van klein na groot. Dus behoort hierdie groot groep organismes 'n baie belangrike rol in die verduidelikings van die evolusie proses te speel. Snaaks genoeg word daar nie 'n woord oor hulle in die Lewenswetenskappe skoolhandboeke gerep nie. Die probleem is nie net dat die groep so groot is nie, maar dis onmoontlik om enige tipe evolusionêre lyn te bepaal. Dis maklik om te beweer dat voëls van 'n dinosaurus afstam, maar wat van seesterre, miere, of spinnekoppe met hulle vermoë om webbe te spin? Dit is seker die beste om net te swyg.

Probleme soos vlerke, komplekse oë, ensovoorts word nie sommer opgelos deur te beweer dit het deur evolusie gevorm nie, want dis slegs 'n stelling sonder bewyse. Natuurlik is die evolusie van die ongewerweldes nie so belangrik nie. Dis meer polities korrek om vir mense te verduidelik dat hulle van aapagtige diere afstam as van kakkerlakke. Dalk sit so 'n familie stamboom mense af van evolusie. Wie wil nou weet dat kakkerlakke waarskynlik familie is?
Download PDF


"But God chose the foolish things of the world to shame the wise; God chose the weak things of the world to shame the strong.” 1 Corinth 1:27